Dagsê. Kan iemand my dalk help met waarna om te kyk en wat om te diens op hoë km Amarok? Ratkasolie? Diff-olie? Timingbelt? Ens. Op watter km doen mens meer as net die gewone filters en olie diens?
Ek hoor graag van julle.
Baie dankie.
Yster
Amarok Diens na 200 000km?
-
- Lieutenant
- Posts: 1337
- Registered for: 20 years 8 months
- Car Make: VW
- Car Model: Touareg / Caddy / Polo / Citi
- Membership No: missing
- Location: Centurion
- Contact:
Re: Amarok Diens na 200 000km?
Hallo Yster
Sonder te veel geskiedenis op die voertuig is dit moeilik om akkurate kommentaar te gee, maar as beginpunt:
Is die voertuig joune, hoe lank het jy hom reeds en is daar enige diensrekord beskikbaar? Ek aanvaar jy verwys na 'n 2.0 diesel weergawe.
Timingbelt - Gewoonlik hier rondom 90 000km. Beste is ook om terselfdertyd as voorsorgmaatreel die waterpomp te ruil terwyl alles oop is, aangesien die cambelt ook die waterpomp draai. Indien die bakkie baie werk doen in stowwerige toestande, is die interval 60 000km of in erge toestande selfs 30 000km. As daar 'n diensrekord is, sal dit vir jou 'n goeie aanduiding gee wanneer laas die cambelt geruil is. Indien geen rekord en jy 'n nuwe eienaar is, inspekteer en ruil indien onseker of as voorsorgmaatreel.
Rondom ratkas en diff olie - Is die bakkie handrat of automaties? Handrat is ek nie seker of dit nodig is om olie te ruil nie, maar automaties moet jy wel ruil. Selfde met diff olie en transfer case, indien 4x4. Volkswagen stipuleer dat die olies "lifetime" is, maar dit word nerens gedefinieer nie. Indien geen rekords beskikbaar is nie, sou ek se dat jy die olies as voorsorgmaatreel moet ruil vir gemoedsrus. Intervalle om hierdie te ruil is rondom 100 000km, maar nie meer as 160 000km nie.
Indien jy dalk meer wil oplees, besoek www.4x4community.co.za, daar is 'n afdeling spesifiek vir Volkswagen voertuie, onder andere 'n post oor Amarok's met die hoogste kilometer lesings. Daar is heelwat inligting in die afdeling beskikbaar en baie hulp, indien benodig.
Jy kan ook dalk kontak maak met Stephan van Tonder by Panics Place Garage (Facebook). Hy is in Benoni gelee en is baie kundig op hierdie gebied en sal jou eerlike advies kan gee.
Groetnis

Anton van Graan
Current:
2009 Touareg 3.6 VR6
2007 Caddy Life 1.9 TDi
2004 Polo 1.6 Comfortline
2000 Jetta 4 TDi
1997 Chico 1.3
Previous:
2003 Audi S4
1999 Uno Turbo
1998 Jetta 3 CLX (Taken by a friendly chap called Jack)
1993 Uno Turbo
1988 Ford Laser 1600i Sport

- Enlisted
- Posts: 27
- Registered for: 8 years
Re: Amarok Diens na 200 000km?
Baie dankie vir jou moeite. Dit is my buurman se bakkie en ek sal die diensrekord vra en nagaan.